CompactFlash

CompactFlash (CF) is 'n flitsgeheue massastoortoestel wat hoofsaaklik gebruik word in draagbare elektroniese toestelle. Die formaat is gespesifiseer en die toestelle die eerste keer deur SanDisk vervaardig in 1994.[1]

CompactFlash het die suksesvolste van die vroeë geheuekaartformate geword, deur beide Miniature Card en SmartMedia te oortref. Die daaropvolgende formate, soos SD/MMC, verskeie Memory Stick formate, en xD-Picture Card het strawwe kompetisie gebied. Die meeste van hierdie kaarte is kleiner as die CompactFlash terwyl dit vergelykbare kapasiteit en spoed bied. Handelsmerkgeheuekaartformate vir gebruik in professionele klank en video, soos P2 en SxS, is vinniger, maar fisies groter en veel duurder.

'n Nikon D200 DSLR kamera met 'n 1 GB CF-kaart in sy gleufie

CompactFlash bly gewild en word ondersteun deur baie professionele toestelle en hoëwaarde verbruikerstoestelle. Teen 2014 het beide Canon[2][3] en Nikon [4] CompactFlash vir hul vlagskip digitale kameras gebruik. Canon gebruik ook CompactFlash as die opnamemedium vir sy professionele hoë-definisie bandlose videokameras.[5] Ikegami professionele videokameras kan digitale video op CompactFlashkaarte opneem deur middel van 'n addisionele passtuk.[6]

In 2008 is 'n variant van CompactFlash, CFast aangekondig. CFast (ook bekend as CompactFast) is gebaseer op die serie-ATA-koppelvlak eerder as die parallele-ATA-koppelvlak wat gebruik word deur die oorspronklike CompactFlashkaarte.

In November 2010 het SanDisk, Sony, en Nikon 'n volgende generasie kaartformaat aan die CompactFlash-vereniging bekendgestel. Die nuwe formaat het 'n soortgelyke vormfaktor as CF/CFast maar is gebaseer op die PCI Express koppelvlak in plaas van parallelle of serie-ATA.[7][8] Met moontlike lees- en skryfspoed van 1 Gbit/s (125 Mb/s) en stoorvermoë groter as 2 TiB is die nuwe formaat gemik op hoë-definisie camcorders en hoë-resolusie digitale kameras, maar die nuwe kaarte is nie terug-versoenbaar met óf CompactFlash of CFast nie. Die XQD-kaartformaat is amptelik deur die CompactFlash-vereniging aangekondig in Desember 2011.[9]

  1. Digiprint Uk[dooie skakel]
  2. "Canon U.S.A. Introduces The New Canon EOS-1D X Digital SLR Camera, Re-Designed From The Inside Out" (Persverklaring).
  3. "Canon U.S.A. Introduces EOS-1D C Digital SLR Camera Featuring 4K High-Resolution Video Capture" (Persverklaring)
  4. "Digital SLR Camera Nikon D4" (in Engels). Nikon Corporation. 6 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 7 Januarie 2012.
  5. File-based video recording onto CF cards: features and benefits, by Canon Inc.
  6. "Ikegami at Government Video EXPO 2010, press-release by Ikegami Ltd". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2017. Besoek op 16 September 2016.
  7. Engadget: Sandisk, Sony, and Nikon propose 500MBps memory card with more than 2 TB capacity
  8. "CNET: CompactFlash allies rally against dominant SD". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Januarie 2012. Besoek op 16 September 2016.
  9. Engadget: CompactFlash Association readies next-gen XQD format, promises write speeds of 125 MB/s and up

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search